Daar’s iets wat ek absoluut onweerstaanbaar vind – ek kan myself eenvoudig net nie help nie; ek vou elke keer. God se liefde is n mag waarteen ek geen verdediging het nie, en ek glo nie enige iemand anders kan dit weerstaan nie. Dit is hoekom liefde nooit misluk nie – dit is aanhoudend, verloor nooit hoop nie en uiteindelik kry liefde die reaksie wat dit van die begin af geweet het sal kom.

Geen persoon wat die liefde van God ons Vader duidelik sien en verstaan, kan dit moedswillig verwerp nie. Dit is nie n ‘vrye wil’ wat hierdie liefde verwerp nie; dis n ‘gebonde wil’. Geen persoon het nog ooit uit vrye wil God verwerp nie, dis eerder uit onkunde – blindheid – dat party onkundige besluite geneem het. Die goeie nuus is dat God, en ons, in die besigheid is om die waarheid bekend te maak.

Hy geniet dit om Homself bekend te maak, so dat die wat Hom nie ken nie en dus uit onkunde verwerp wie hulle gedink het Hy is – hulle eie idees van hom – mag sien wie Hy waarlik is en reageer met die enigste mootlike reaksie: “ voor die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is” Phil. 2:10

So n ontmoeting met God is nie ver van elkeen van ons nie. Ons hoef Hom nie te oortuig van ons behoefte nie – Hy is beide gewillig en instaat om Homself bekend te maak aan elke mens, en op n manier wat so uniek is soos die individueel. Die goeie nuus is dat Hy die inisiatief geneem het. Rom 10:20: “Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.”

Die mens se wil – geen kompetiesie vir God se wil

Die mees uitstaande voorbeeld hiervan is die storie van Paulus se ontmoeting met Jesus. Ek was altyd geleer, en ek kan met vrymoedigheid aanneem dat baie Christene ook so geleer was, dat die een ding wat God nooit mee sal inmeng nie, is die mens se vrye wil. Ek stem steeds saam tot n mate, maar soos julle seker kan raai, my perspektief het dramaties verander. Die verkeerde gevolgtrekkings wat gewoontlik uit die gedagte getrek word, is dat die mens se wil meer heilig en kragtig is as God se ewige liefdesplan. Want, al is dit God se begeerte dat “… alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1Ti 2:4) , sal n hardkoppige mens, wie weier om die waarheid te aanvaar, uiteindelik God beroof van Sy begeerte. Die fundamentele fout met die argument is die aanvaarding dat n mens wie besluit om God te verwerp vry is, want die argument is dat dit n vrye wils besluit is! Kom ons keer terug na die storie van Paulus. Julle kan die agtergrond van sy ontmoeting met Jesus lees in Handelinge 9 en Filipense 3.

Paulus was n Fariseer – die strengste godsdienstige groep van sy dag. Selfdisipline en noukeurige aandag aan reels en regulasies het die groep gedefinieer. Paulus was totaal vyandig gesind teenoor Jesus en sy volgeninge, in woord en daad. Hy moes baie gedetermineerd wees om beskryf te word as een wie “dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here”. Ons is nie hier besig met n halfhartige, swakwillige persoon nie. Hy het Jesus en Jesus se leerstellings as sy vyande beskou en alles moontlik gedoen om dit uit te wis. Later het Paulus homself beskryf as die hoof van alle sondaars.

Dink jy Paulus se sterk oposisie en gedetermineerde wil, was n probleem vir Jesus? Kan jy jouself voorstel dat die Vader n gesprek het met Jesus aangaande Paulus en se: “Wat kan ons doen! Ons kan nie inmeng met sy wil nie”

Jesus het geweet dat Paulus se vyandskap gewortel was in onkunde. Hy het geweet dat as Paulus Hom net kon sien vir wie Hy werklik is, daar geen verdere argument kon wees nie. Jesus het geweet dat Paulus nie uit sy vrye wil Hom verwerp het nie, maar uit onkunde en dus het Hy geen probleem gehad om in sy lewe in te gryp nie. Paulus se hardkoppigheid was geen kompetiesie vir die liefde van God nie. Dis baie goeie nuus vir baie mense!

Sy inisiatief – ons reaksie
Toe Paulus vir Jesus sien, het hy geen verdure motivering nodig gehad on n kwaliteit besluit te neem nie; hy het geen argument nodig gehad om hom te oortuig om homself te bekeer nie. Toe hy vir Jesus sien was sy eerste woorde “En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen?
Hy’t nog nie mooi geweet wie die persoon was nie, maar hy het besef dit is die Here. Daar was n onmiddelike erkenning en n onmiddelike reaksie. God is onweerstaanbaar; God is onontsnapbaar! Hy gee nooit op, op enige iemand nie en Hy misluk nooit nie. Jy is van onvervangbare waarde vir Hom.

Geen wonder dat Paulus se hele getuienis en bookskap is gefokus op God se inisiatief en nie op die mens se bydra nie. In sy brief aan die Galasiers beklemtoon hy die feit dat die ontmoeting met God was nie die resultaat van enigeiets wat hy gedoen het nie, maar die resultaat van God se keuse: “Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, om sy Seun in my te openbaar…” (Gal 1:15, 16)
Dit was God se inisiatief, God se keuse en God se geloof in Paulus wat hom gered het! Paulus skryf aangaande die redding in Efesiers en se dat selfs geloof het nie in hom ontstaan nie – geloof is ook n gawe van God!
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
(Eph 2:8)

Romeine 9 vertoon die inisiatief van God op so inspirerende manier. Ek gaan die ‘Message’ vertaling in Afrikaans vertaal vir die versies. Vanaf vers 10: “haar babas was nog onskuldig in haar moederskoot – soder enige vermoe vir goed of kwaad – toe sy die belofte van God ontvang. Wat God met die voorbeeld duidelik gemaak het is dat Sy plan nie n raak-en-mis poging is wat afhanklik is van wat ons doen of nie doen nie, maar absoluut seker is, bepaal deur Sy keuse, en vloei vanuit sy inisiatief.”

God is aan die werk in ons

Phi 2:9-13: Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader. Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Let op die laaste gedeelte: “… want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae …” Ek is so bly dat ons Vader nie my wil as ‘buite perke’ sien nie. Ek is so bly dat Hy my beinvloed op elke mootlike manier: my begeertes, my wil, my alles.

Wat ek baie interesant vind is dat die stelling so naby die verklaring kom dat elke knie sal buig en elke tong sal bely. In die verlede het ek gedink God gaan eendag almal en alles forseer om Hom te erken en n beleidenis uit hulle dwing. Mens kan sien hoe n diktator plesier kan vind in so n geforseerde onderdanigheid, maar dit is ondenkbaar dat die God van waarheid enige vreugde kan vind in n uiterlike erkenning waar die innerlike wil nog vyandig is teen Hom. Die manier waarop liefde – God is Liefde – Sy vyande vernietig, is deur hulle vriende te maak … “Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun”. Hy is aan die werk in ons om te wil … en die uitkoms van die werk is n wese wat Hom wil erken, wil loof, en wil aanbid.

n Beter Manier.
So dikwels in ons begeerte om die waarheid met ander te deel, het ons verkeerdelik gefokus op hulle aanvaarding, hulle besluit, hulle geloof. Ons het intelektueel en emosioneel geveg om mense te probeer oortuig en as al ons pogings misluk het dan het ons die mens se vrye wil geblameer vir die mislukking.

Daar is n baie beter manier! Ons het n onweerstaanbare produk! As ons net fokus om die Vader te openbaar en vertrou dat Hy self aan die werk is in alle mense, dan kan ons gerus en verseker wees dat daar net een moontlike uikoms kan wees; net een moontlike reaksie tot die liefde van God.

Dit is God se inisiatief wat ons reaksie opwek. Dit is Sy self-openbaring wat ons geloof verwek. Om Sy gesig te sien ontwaak ons waardering en aanbidding. Lewe in die oortuiging dat elke mens se gewete weerklank gee aan die waarheid wat deur ons lewens vertoon word.

Andre Rabe

Tagged with:
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>